GROEN IS DIE LAND VAN NATAL Woorde: ANTON DE WAAL Musiek: ALI ARLETOWICZ; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Groen is die land van Natal; wyd lê die velde omheen. Wolke seil hoog in die blou hemelboog en 'n arend vlieg na die son. Groen is die land van Natal; daar waar die bergbokke wei. Stil wil ek droom langs 'n koel waterstroom, van die wêrelddrang afgeskei. Teen die randjie staan 'n huis waar my hart ontwaak. Saans wag my beminde daar; die dag is dan volmaak. Groen is die land van Natal; heuwel en vlakte en dal. Hier is ons tuis waar die koel winde suis in die groen, groen land van Natal. Kopiereg van melodie en teks: Impala, 1967.