MY GOEIE KAMERAAD Woorde: G.G. CILLIÉ Musiek: "Der gute Kamerad", Duitse Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Ons was geswore makkers, ons het oral saam gestry; die vaderland was in beleg en sy aan sy het ons geveg om hom weer te bevry, om hom weer te bevry. Hy het langs my gesneuwel want 'n koeël het hom deurboor. Die swaarste laste moes hy dra, die hoogste offer is gevra; my vriend het ek verloor, my vriend het ek verloor. Met eer gee hy sy lewe as 'n laaste offerdaad. Daar was geen tyd vir afskeidsgroet, maar eenmaal sal ons weer ontmoet; nou rus my kameraad, my goeie kameraad.