MAAR ÉÉN SUID-AFRIKA Woorde: A.D. KEET Musiek: S. LE R. MARAIS Gee my 'n roer in my regterhand; gee my 'n bok wat vlug oor die rand, en 'n flukse perd om hom weg te dra, gee my, gee my Suid-Afrika. Gee my 'n kamp waar bossies groei, gee my 'n fraai volstruis wat broei, en 'n boereseun wat baie wa, gee my, gee my Suid-Afrika. Gee my 'n koppie waarop ek staan; gee my die Swartland met al sy graan en nooit of te nimmer hoor jy my kla, gee my, gee my Suid-Afrika. Gee my 'n vlakte, ruim en wyd, gee my die veld se oneindigheid, en die lekker geur wat die lug daar dra; gee my, gee my Suid-Afrika.