WERDALIED Woorde: C.J. LANGENHOVEN Musiek: M.L. DE VILLIERS, 1921 Pas op, dis ons wat brandwag staan, dis Jong Suid-Afrika, met oog en oor wat niks ontgaan--praat gou en reg: Werda? Ons ken vir jou, o vriend wat kom, en ons, o vyand, jou. Wat ons bewaak is heiligdom: Ons weet en waak getrou. Ons hoor die grafstem uit die nag--o ouer, slaap gerus, ons sien die voorlig van die dag--lag kindjie, werda sus! Verlede, hede, toekoms vra: "Wie's daar wat waak? Werda?" Dis ons wat waak, dis werda, ja oor jou, Suid-Afrika. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=8