VRYHEIDSLIED Woorde: JAN F.E. CELLIERS Musiek: EMIEL HULLEBROECK Vrome vad're fier en groot! Deur vervolging, ramp en nood, was hul leuse, tot die dood: Vryheid! Vryheid! Erfnis van hul moed en trou is die grond waar ons op bou. Juigend tot die hemelblou: Vryheid! Vryheid! Ere wie die dood mag lei om te rus aan hulle sy, met die sterwenswoord te skei: Vryheid! Vryheid! Op dan, broers en druk hul spoor, voorwaarts, broers, die vaandel voor, laat die veld ons krygsroep hoor: Vryheid! Vryheid! Woes geweld mag hoogty hou, kettings mag ons lede knou, maar die leuse bly ons trou: Vryheid! Vryheid! Jukke mag vir slawe wees, manneharte ken geen vrees, duld geen boei vir lyf of gees: Vryheid! Vryheid! Opgeneem met die welwillende toestemming van die komponis en van die uitgewers G. Alsbach & Co., Amsterdam, uit Zes Liederen, 18de reeks, van Emiel Hullebroeck. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=7