KOM SING MET MY 'N BURGERLIED Woorde: W.H. BOSHOFF Musiek: P.J. LEMMER Kom sing met my 'n burgerlied wat aan my hartsnaar raak, en my op eie grondgebied as staatmaker laat waak. Vertel my van my eie volk, tradisie, sede en taal, wat my gevoel en siel vertolk, van volksverlee verhaal. Hou hoog met my die ideaal "Vir vryheid en vir reg", waarvoor my pa met bloed betaal, die Voortrekker moes veg. Kom leer my eer en lief te hê my eie land se vlag, en wie dié reg my durf ontsê word deur my volk verag. Kom spoor my aan om "Koers te hou" en voorwaarts steeds te trek, kom help my handhaaf en te bou, 'n nasie trots te wek. Mag, wanneer ek my kop neerlê, niks my gewete kwel, geen nageslag, wat ek mag hê, vir pligsversuim my skel.