KOM, AFRIKANERS Woorde: A.D. KEET Musiek: DIRKIE DE VILLIERS Kom, Afrikaners, sing nou luid en laat jul stemme hoor; hef aan 'n lied wat oweral ons nasie sal bekoor! Kom, Afrikaners, sing nou luid en laat jul stemme hoor; hef aan 'n lied wat oweral ons nasie sal bekoor! Hef aan 'n lied van heldedaad, van mag teen owermag: 'n nasie wat sy helde eer, sal niemand ooit verag. Hef aan 'n lied van heldedaad, van mag teen owermag: 'n nasie wat sy helde eer, sal niemand ooit verag. Sing saggies van jul vroue leed, maar wees op almal trots; 'n nasie wat sy vroue eer, staan vaster as 'n rots. Sing oor die vrede van die veld, van koppie en van rand: 'n nasie wat sy woonplaas eer, bou nooit op losse sand.