Internet-argief van Afrikaanse volksmusiek
Hoewel daar toenemende kommersiële belangstelling in Afrikaanse volksmusiek is, val die klem op 'n handjievol van die bekendste liedere. Dit dra by tot 'n groter kultuurbewustheid, maar werklike omvang ontbreek. Die Internet kan egter ingespan word om ons volksmusiekskat in sy volle glorie aan 'n nuwe generasie te onthul.
Die hoop is dat dié webruimte mettertyd tot 'n omvangryke argief van Afrikaanse volksmusiek sal ontwikkel. Aanvanklik word begeleiding vir die FAK-sangbundel in MIDI-formaat beskikbaar gestel. Dat Ons Blêrkas reeds 'n leemte in Afrikaans se Internet-teenwoordigheid vul, word bevestig deur die reaksie sedert 1997 van binne en buite Suid-Afrika.
Wenk: kliek op die liedname hieronder om die woorde te sien; kliek op die musieknote voor die liedname om die musiek te hoor. Met 'n regskliek kan die teks- en MIDI-lêers gestoor of in nuwe vensters oopgemaak word.
Aktiveer asseblief JavaScript en herlaai dié blad om die liedere hier te sien verskyn.
Groot waardering aan Hannelore Olivier vir die toewyding en vaardigheid waarmee sy die musiek ingespeel het. Ook aan Musikhaus W. Heuer vir die beskikbaarstelling van 'n Yamaha Clavinova, aan die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) vir befondsing, en aan Sarie Marais en Glauda Badenhorst (beide van die FAK) vir hul aandeel in die tik van die woorde.
Om ingelig te bly oor byvoegings tot dié webruimte, stuur 'n e-posboodskap met "Ontvang OB" in die onderwerplyn aan Johann Lochner. Ander reaksie en voorstelle is ook welkom.